Wednesday 16 May 2012

1. Voëlvlug oor die lewe van Henry Leon Fouché


Hierdie blog is NIE bedoel vir TE sensitiewe lesers nie.


Dankie vir vriende wat gelukwense en foto's ingestuur het, jammer vir die wat nie geweet het nie of vir dié wat ek nie betyds kon bereik nie – daar is baie van julle. 
Baie van ons generasie voel nog nie tuis op hierdie werf nie - ook reg so. 


As jy minute het om te verwyl, kyk gerus na storiesara.blogspot.com



Leon is gebore op 20 Mei 1952 in Port-Elizabeth, waar Pieter en Emmerentia Fouché met hulle 4-jarige oudste, Llewellyn, in Adcocvale gewoon het. Vanaf  1956 woon die gesin in Oos-Londen in Hampton Court-woonstel nr 2 en later  nr 1. (Vandag ‘n gastehuis.) Die gesin besit aanvanklik nie ‘n motor nie en Leon se liefde vir hardloop begin wanneer hy as vierjarige lang afstande saam met Emmie stad toe draf-stap. Die koerantfoto hierbo is saam met sy ouma, Emmie du Plessis, 
met haar 101ste verjaarsdag


In 1961 verhuis die gesin na Roodepoort. Pa Pieter word vertaler in die Vertaal-buro van die Spoorweë in Johannesburg.  Leon gaan skool in Josua Naudé Laerskool en in Roodepoort Hoërskool waar hy in 1969 hoofseun is. Hy speel rugby en neem deel aan atletiek (verspring en 800 meter). 
Sy beste tyd in die 800 meter was 1 minuut 56,9 (O/16). 



     


No comments:

Post a Comment