Tuesday 22 May 2012

Leon se Antwoord


Hallo Almal

Dit lyk my as ‘n mens 60 word, word jy alreeds geneem na plekke waar jy nie wil wees nie ... ek het gedink dit gebeur eers na 90! 

Toe Saartjie vertel van die blog wat sy geopen het, was ek nogal ongemaklik en omgesukkel – ek is nie ‘n Facebook- en Twitter-mens nie. Toe ek lees wat sy, die drie dogters en julle almal geskryf het, was ek heel verras en het dit uitermate geniet – dis tog sinvol en prettig. 

Julle almal speel op verskillende tye, geleenthede en plekke ‘n besondere rol in my en Saartjie se lewe en dit was goed om deur die verlede te blaai. Natuurlik onthou mense gebeure verskillend ... maar ‘n mens moet nie dat jou perspektief in die pad van ‘n goeie storie staan nie!  Baie dankie ... en mag ons verskillende stories verrassende ontknopings hê binne die groter storie van die mense om ons.

Leon

No comments:

Post a Comment