Vanaf 1971 studeer Leon
BA en Teologie op Stellenbosch.
Hy dien in die Admissie Bond, CSV
Bestuur, Helderberg Huiskomitee en is Leier van SET (Sang en Evangelisasie
Toergroep).
Hy trou 4 Januarie 1975 met Susara Elizabeth Coetzee (Sara / Saartjie), ‘n
Duits-onderwyseres by Rhenish Girl’s High School. Aanvanklik woon hulle op
Happy Lands in Banhoek en later in Ryneveldstraat 80.
In Januarie 1979 aanvaar Leon ‘n beroep na NG Gemeente
Knysna.
In sy vrye tyd, draf Leon, speel Skaak en muurbal, windsurf en beplan saam met ‘n groep vriende om die Knysna
Marathon te begin. Hy kom eenkeer derde in sy tuisdorp; hardloop 21 Knysna marathonne en 18 Twee Oseane Marathonne. Sy permanente nommers is: 15 (Knysna) en 722 (Twee Oseane Ultra Marathon).
No comments:
Post a Comment